Laerskool Handhaaf se skaak en tennisspelers het aan die Hollard Eden Super Series in George deelgeneem en goed presteer.
Verskeie skole van regoor die hele land het deelgeneem aan hierdie toernooi wat oor drie dae gespeel is en beide die skaak sowel as die tennisspanne was die wenners van hulle afdelings.
In die skaak was Laerskool Blanco 3de met 23½ uit 49; George-Suid 2de met 29½ uit 49 en Handhaaf was die wenners met 33 uit 49.
Op die tennisbane was George-Suid 3de; Eversdal van Durbanville 2de met Handhaaf as die wenners.