DIE Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar is Saterdag die gasheer vir die jaarlikse FNB Classic Clash tussen Daniel Pienaar en Hoërskool Brandwag.
Dié rugbywedstryd op Uitenhage lok gewoonlik groot belangstelling en word deur duisende toeskouers bygewoon. Vanjaar word die wedstryd regstreeks op SuperSport uitgesaai, wat vir nog meer opwinding sal sorg. Albei skole se leerders sal hul spanne luidkeels vanaf die pawiljoene aanmoedig.
Die afskop is omstreeks 12:10.