IN die Elandsriviervallei het die plaas The Meadows bekendheid verwerf vir die viertrek-aksiebelaaide dae wat daar aangebied word.
Die eienaars Donovan en Sunelle Whitehead, het reeds ’n paar datums van uitdagings vir die jaar.
Op 18 Mei word die The Meadows 4×4 & Skietdag gehou. Daar is 5 skietpunte (ysterteikens) waarna jy met jou eie geweer skiet. Spanne ry saam in ’n 4×4 voertuig om by die skietpunte uit te kom. Op 15 Junie word die HTS Daniel Pienaar/The Meadows 4×4 Dag gehou. Dit dien as fondsinsameling vir die skool se veldwedrenklub. Die The Meadows Familie 4×4 Dag op 2 November gehou.
“Ons probeer werklik om dit n dag te maak vir die hele familie,” sê Sunelle Whitehead.
Volgens Donovan kry hulle regdeur die jaar baie 4×4 vriende wat by The Meadows aankom vir veldry-avontuur.
- Vir meer inligting bel Donovan of Sunelle by 082 458 9699 of 082 458 9580.