DIE Hoërskool Despatch se 23ste jaarlikse gholfdag word Saterdag by die Uitenhage Gholfklub aangebied en spelers kan uitsien na pryse ter waarde van R30 000.

Vanjaar is Blou Ballon die hoofborg van die gholfdag. Ander borge wat ruim bygedra het sluit in Dr. Vic Oelofse, DKT Engineering, Twizza en Concorde Bakery.

Volgens Hoërskool Despatch se skoolhoof, wat ook ’n kranige gholfer is, kan spelers na ‘n goedbeplande, professionele gholfdag uit-sien.

“Die pryse is uitstekend, danksy ‘n wonderlike oophand van tientalle borge, ouers en vriende. Met ‘n baan en setperke wat in ‘n goeie toestand is, kan daar na groot tellings uitgesien word.

“Ons het groot waardering teenoor sakelui van veral Despatch en Uitenhage vir hulle ondersteuning van ons gholfdag,” sê Bartle.

Pryse ter waarde van R30 000 is op die spel.

“Ons sê ook dankie aan ons vriendekring wat jaar na jaar die ‘natputjies’ beman om die dag nog lekkerder vir die gholfers te maak,” sê Bartle.

Spelers wat wil inskryf vir Saterdag se gholf-kompetisie kan vandag ’n draai by die Uitenhage Gholfbaan maak.

You need to be Logged In to leave a comment.