DIE Pay it Forward uitdaging om vir die volgende paar weke daagliks ’n eenvoudige goed-voel-ding te doen het verlede week reeds ’n impak gemaak.
Dié week se uitdagings is as volg:
- Donderdag, 25 April: Skenk bloed by die plaaslike bloedbank in Billsonstraat, Uitenhage.
- Vrydag, 26 April: Dag van vergifnis, vergewe iemand wat ’n onreg teenoor jou gepleeg het.
- Saterdag, 27 April: Spandeer tyd met ’n bejaarde.
- Sondag, 28 April: Skenk klere. Afsetpunte: Despatch Superspar, Levyvale Superspar, Kirkwood Spar, NGK Kirkwood, Algoa Toyota, D’ish Restaurant, Despatch Deli, Elencias Bargains.
- Maandag, 29 April: Gee aan iemand ’n drukkie of vriendelike handskud.
- Dinsdag, 30 April: Offer ’n diens gratis aan iemand wat dit waardig is.
- Woensdag, 1 Mei: Sê aan iemand dat hy/sy ’n verskil in jou lewe maak.
- Donderdag, 2 Mei: Gee vir iemand in nood brood en melk.
Vir meer inligting bel Lizé Saunders by 082 788 1201, Sonja du Preez (voorsitter) 079 337 1840 of gaan kyk op die Pay It Forward Christusfees Facebook-blad.