=Pay it Forward gaan daaroor om ’n hand uit te reik en ’n verskil te maak. Hier vorm (van links) Bridgette Juries (Bidvest), Annelie Gouws (Pay it Forward), Sonja du Preez (Pay it Forward), dr. Peter Else (Uitenhage Geestesgesondheid) en Lizé Saunders (Pay it Forward). die embleem van die inisiatief. Foto:HEILIE COMBRINCK



DIE Pay it Forward
uitdagings strek nou in sy derde week waarin mense versoek word om elke dag ’n eenvoudige goed-doen-taak uit te voer. Daar is twee weke oor voor die uit- dagings op ’n hoogtepunt afsluit.

“Die projek gaan daaroor om van jouself vir iemand anders te gee. Dit is die klein eenvoudige dingetjies, wat ons baie keer nie doen of sê nie, wat ’n verskil aan ’n ander mens se lewe kan maak,” sê Lizé Saunders, ’n mede-organiseerder van die Pay it Forward Christusfees.

Dié week se uitdagings is

as volg:

•Donderdag, 2 Mei: Gee aan iemand in nood brood en melk.

•Vrydag, 3 Mei: Komplimenteer iemand op Facebook.

•Saterdag, 4 Mei: Skenk nie-bederfbare kosse aan die Uitenhage Dierebe-skermings-vereniging (SPCA). Pay it Forwar-afsetpunte: Despatch Superspar, Levyvale Superspar, Kirkwood Spar.

•Sondag, 5 Mei: Gee ’n kombers by jou kerk of by die Pay it Forward-afsetpunte af: Despatch Superspar, Levyvale Superspar, Kirkwood Spar.

•Maandag, 6 Mei: Komplimenteer ’n plaaslike besigheid op Facebook.

•Dinsdag, 7 Mei: Bemoedig iemand met ’n “post it” briefie.

Woensdag, 8 Mei: Bel ’n familielid of vriend/vriendin met wie jy lanklaas gesels het.

Donderdag, 9 Mei: Plant ’n boom en gee terug aan die aarde.


)Vir meer inligting oor die Pay it Forward inisiatief bel Lizé Saunders by 082 788 1201, Sonja du Preez (voorsitter) 079 337 1840 of gaan kyk op die Payitforwardchristusfees Facebook-blad vir volledige inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article