SING in Harmonie, ’n landswye skoolkorekompetisie vir laer- en hoërskole, is onlangs by Despatch Voorbereidingskool aangebied.
Verskeie laerskole uit die omgewing het deelgeneem. Voorbereidingskool het die junior afdeling gewen en Laerskool Susannah Fourie was die wenner van die senior afdeling.
Dié kore gaan nou op 3 Desember aan die volgende rondte deelneem in Port Elizabeth.
Beoordelaars het aan die koor van Despatch Primêr ’n geleentheid gebied om ook aan die volgende rondte in die Baai deel te neem.