‘Drakies’ vier 70ste jaar met gholfdag

’n GHOLFDAG word Saterdag aangebied ter viering van Hoërskool Despatch se 70ste bestaansjaar.


’n GHOLFDAG word Saterdag aangebied ter viering van Hoërskool Despatch se 70ste bestaansjaar.

Dié jaarlikse gholfdag se hoofborg vanjaar is die Blou Ballon-restaurant.

Concorde Bakkery, DKT Enginering en Coega Dairy het ook ruim bygedra om hierdie 24ste gholfdag na ‘n hoër vlak as die vorige opedae te neem.

Volgens die skoolhoof van Hoërskool Despatch, Colin Bartle, kan spelers na ‘n goedbeplande, professionele gholfdag uitsien.

“Die pryse is uitstekend, danksy ‘n wonderlike oop hand van tientalle borge, ouers en vriende.

“Met ‘n baan en setperke wat in ‘n goeie toestand is, kan daar na groot tellings uitgesien word,” sê Bartle.

“Ons vertrou dat die weer sal saamspeel, maar wat ookal die geval mag wees, daar word uitgesien na ‘n geseënde dag.”

Hoërskool Despatch bedank graag al die borge, ondersteuners en vriende van die skool vir hul ondersteuning.

Groot waardering word uitgespreek aan die besigheidseienaars van veral Despatch en Uitenhage vir hulle ruim ondersteuning.

“Dankie ook aan almal wat die ‘natputjies’ beman om die dag vir die gholfers nog lekkerder te maak,” sê Bartle.

Die gholfdag word Saterdag, 8 Junie gehou op die Uitenhage Gholfbaan.

  • Vir enige verdere inligting kontak die skool by 041 933 5104.

You need to be Logged In to leave a comment.