BRUGBOU-SPANNE van HTS Daniel Pienaar het aan die Suid- Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAISI) se Oostelike Provinsie Brugboukompetisie deelgeneem en is as die wenners aangewys.
Die twee spanne, wat die beste in die skool se interne kompetisie ge-vaar het, moes elk ‘n brug ontwerp en bou met ‘n spanlengte van 600mm en ‘n minimum breedte van 100mm.
Elke span het uit drie leerders bestaan en daar het 28 Oos-Kaapse spanne deelgeneem. DP se twee spanne het ‘n 1ste en 3de plek behaal. Die wenspan bestaande uit Onisimo Ndulula, CJ Dolf en Uthmaan Sirkhotte se brug het 118 gram geweeg en het ‘n gewig van 55kg gedra. Hulle het elkeen R150 prysgeld ontvang asook vlugkaartjies na Pretoria om aan die Suid-Afrikaanse skole-brugboukampioenskappe deel te neem op Vrydag, 31 Augustus. Hulle het ook die SAICI wisseltrofee ontvang sowel as ’n trofee vir estetika vir hulle uitstekende punt van 27.5/30.
Dit was die 13de keer in 16 jaar dat DP dié Oostelike Provinsie brugbou-trofee gewen het.
– VERSLAGGEWER