JAdie ekonomie is taai, werk is skaars, misdaad maak almal moeg en die aanhoudende droogte in die Karoo hou mense op hul knieë. Maar daar is hoop …
Anna-Marie Craven wéét hoe dit voel om al jou vee te verloor en om in die ry te staan vir kospakkies. Sy weet ook dat ’n mens moet bly glo aan jou Skepper vir uitkoms, moed hou, hard werk en nooit hoop verloor nie.
Sy vertel na 12 jaar se droogte in die Karoo, was dit koppe bymekaarsit vir oorlewing en gansdons was uiteindelik die antwoord. Die Craven-familie se Makoti donsbesigheid het in 1989 op die Noorspoort-familieplaas begin.
“Ek het met net 12 ganse, ’n stuk lap en ’n prentjie van ’n Duitse duvet begin. My man, George, het in sy voortvarendheid ’n advertensie vir dons-duvets in die Farmers Weekly geplaas … en die bestellings het begin.”
Die besigheid het spoedig uitgebrei en Anna-Marie het oor ’n tydperk by donskundiges in Pole, Frankryk, Hongarye, China en Duits-land ’n draai gaan maak om meer te leer oor die bedryf. Sy het ook industriële masjienerie aangeskaf om aan die vraag na kwaliteit dons-beddegoed te bly voldoen. Vandag het hulle winkels en afsetpunte regoor die land.
Makoti is die Xhosa-woord vir bruid. Anna-Marie verduidelik dat hulle die dons-onderneming begin het in hulle moeilikste jare ooit.
“Daarom beskou ek dié besigheid as ’n ge-skenk en bruid van die Skepper. En elkeen van ons wat glo is ook ’n bruid wat Hy eendag gaan kom haal.”
Dons reageer op liggaamshitte
Lekker slaap … warm in die winter en salig in die somer. Dít is wat Makoti die afgelope 30 jaar aan Suid-Afrikaners bied wat ‘n goeie nagrus in kwaliteit beddegoed wil geniet.
“’n Makoti-produk is ’n belegging vir ’n leeftyd se gerief,” sê Anna-Marie.
“Dons is ’n natuurlike en lewendige vulsel. In die winter pof dons op vir hitte en in die somer krimp dit om die liggaamshitte af te koel. Dis hoe voëls oorleef en dit is presies wat gebeur as ’n mens onder ’n dons-duvet slaap.
“Dons word vinnig warm en koel vinnig af. Dit reageer natuurlik op liggaamshitte en is baie gesonder as sintetiese produkte, want ’n sintetiese produk haal nie asem nie, bly langer warm en veroorsaak meer sweet – alles ideale omstandighede vir huismiet en gevolglike allergieë, want dié miet hou van klammigheid en hitte,” verduidelik Anna-Marie.
Wetenskap van lekker slaap
Anna-Marie sê daar gaan baie meer wetenskap in dons-produkte in as wat mense besef.
“Goeie dons word geklassifiseer volgens ’n donsbondel se pof-kwaliteit. Dit beteken hoe meer lug die dons kan opneem om te pof, hoe beter. Dons pof wanneer dit ’n mens se liggaamshitte opneem,”
Al Makoti se donsvulsels word in tonnemaat uit die buiteland ingevoer om aan die Suid-Afrikaanse aanvraag te kan voldoen.
“Dons word teen 120°C by die verskaffer in die buiteland gesteriliseer. Wanneer dit hier in die hawe aankom, word dit weer behandel. En voor ons dit gebruik, moet dit wéér met ultra-violet behandeling gesteriliseer word.”
Goeie kwaliteit vulsel is geweldig duur en kos gemiddeld R2 000 per kilogram. ’n Kilogram is genoeg vir ’n winter driekwart duvet,” sê Anna-Marie.
Benewens die dons, moet die duvet-materiaal ook aan spesifieke vereistes voldoen. Makoti gebruik fyngeweefde 100% katoen, wat ook ingevoer word.
Maak seker dis dons – nie vere nie
“Die materiaal is lig en die duvet word in vakke gestik sodat die dons spasie het om te pof.”
’n Swaar duvet is volgens Anna-Marie nie dons nie, maar gekapte vere.
“Kyk na die etiket op die duvet, die eerste syfers is altyd die persentasie dons en die tweede die hoeveelheid vere. Mense moet seker maak hulle koop regtig dons as hulle in ’n dons-duvet wil belê.”
Anna-Marie het baie interessante ervaringe in die Makoti-bedryf beleef. Sy vertel van ’n parapleeg wat dringend op soek was na ’n dons-duvet.
“Nadat hy dit ontvang het, het hy my in trane gebel en sê hy kan nie onthou wanneer laas hy ’n nag deurgeslaap het nie. Die ligte dons oor sy lyf, wat meer hitte gee as swaar komberse, het sy lewenskwaliteit verbeter.”
Dié eienskappe van ’n dons-duvet maak dit ook gesog vir mense wat aan artritis ly.
Makoti maak ook produkte na die behoefte van kliënte. So het Anna-Marie in samewerking met fisioterapeut Salomé Pieterse, dons-kussings ontwerp vir mense wat rug- en nek-probleme het.
“Dié kussing, soos die res van ons dons-produkte, pas aan by jou liggaam,” sê Anna-Marie.
Hermaak en nasorg
Makoti se dons word vir ’n leeftyd gewaarborg.
In dié leeftyd bied hulle ook naverkoop- diens aan soos nasorg, hermake en hersterilisering. Dit is juis dié dienste wat die Makoti-handelsnaam so gesog maak.
“Ons begin nou duvets terugkry wat mense 25 jaar gelede by ons gekoop het en wil hermaak.”
Daar is ook van dié ou produkte wat inkom vir hersterilisasie of om weer op te stop om dit weer ‘n nuwe vars voorkoms en gevoel te gee.
Selfs indien kliënte voel dat hulle minder of meer dons in hulle duvets of kussings wil hê, kan hulle dit hierheen stuur en ons gee ’n nuwe lewe daaraan.”
Dankie
Anna-Marie bedank haar toegewyde span werkers waarvan die meeste vir langer as 10 jaar al by Makoti is, Nellie Phillander is al 26 jaar daar werksaam.
- Makoti Down Products is by Caledonstraat 281-287 op Uitenhage. Vir meer inligting bel hulle by 041 992 2395.