Die Hoërskool Despatch het onlangs hul toppresteerders vereer:.
Mieke van Tonder, Junior Sportvrou van die jaar:
Sy is deel van die o.14 OP netbalspan, o.14 A netbalspan en verteenwoordig ook die OP by SA’s in hekkies.
Liam de Kock, Junior Sportman van die jaar:
Hy is deel van die OP atletiekspan vir gewigstoot en skyfwerp.
Zoey Scriven, Senior Sportvrou van die jaar:
Sy is deel van die skool se eerste tennisspan, in die OP Tennisspan o.19, speel vir die skool se eerste netbalspan en sy is ook die kaptein van die meisies tennisspan.
Ruben Ross, Senior Sportman van die jaar:
Hy het ’n goue medalje verower by die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Fisiek Gestremdes se nasionale kampioenskappe.
Shelton Claasen, Veelsydigste sportman:
Hy is opgeneem in die metro atletiekspan vir 1500m en 3000m. Hy neem ook deel aan krieket, landloop en is in die hokkie eerstespan.
Zoey Scriven en Kelly Gouws deel die toekenning vir die veelsydigste sportvrou:
Zoey is deel van die skool se eerste netbal- en tennisspanne en Kelly is deel van die OP atletiekspan en speel vir die skool se eerste netbalspan.
Melody Kukkuk ontvang die Cashet toekenning vir die beste prestasie op kultuurgebied:
Sy is die wenner van die Oos- en Suid Kaap redenaarskompetisie en het deelgeneem aan die finaal van die ATKV-redenaarskompetisie.
Die Basson trofee vir veelsydigheid op kultuurgebied gaan aan Tylo Gerber:
Tylo is lid van die vasvra span, voorsitter van die ATKV Steenbokkies, en VCSV Kringleier. Die debat-span waarvan sy deel vorm het derde plek behaal in die Oos-Kaap en het deurgedring na die semi-finaal. Sy het ook deurgedring na die semi-finale van die redenaars en is 2023 se hoofmeisie.
Tylo ontvang ook die Frans Gerber trofee vir veelsydigheid: Sy handhaaf ’n akademiese gemiddeld van 90,1%. Op sportgebied neem sy deel aan landloop en speel ook vir die tweede span netbal. Met hierdie besonderse prestasies ontvang Tylo ook die Voortrekker penning en oorkonde vir uitstaande leierskap op kultuurgebied, en die Cas Coetzee trofee vir Dux-leerder van die jaar.
–UITGEREIK DEUR HOËRSKOOL DESPATCH