AANSKOULIKE rugby, is waaraan die o.16 rugbyspan van Hoërskool Despatch geken is tydens hulle deelname aan die onlangse KFC/Hoërskool Bredasdorp se winter-rugbytoernooi.
Boonop is een van die spelers, Brian Vermeulen, aangewys as die beste agterspeler van die toernooi!
Despatch het in hulle eerste wedstryd teen ‘n omgekrapte Hoërskool Hermanus gespeel.
Nadat die halftyd-fluitjie geblaas het was die telling 10-7 in die Oos-Kapenaars se guns. In die tweede helfde het hulle die krane oopgedraai en onder moeilike en koue omstandighede die wedstryd gewen met 22-7.
Despatch is na dié vertoning aangewys as die span wat die aanskoulikste rugby gespeel het en is beloon om in die hoofwedstryd teen die gashere te speel.
Alhoewel die Bredasdorp-span fenominale teenstanders was en gewen het, was dit die Despatchers wat volgehou het met hulle aanskou-like spelpatroon.