Hoërskool Despatch se o.16A netbalspan is gekroon as die Oos-Kaap se kampioenspan en sal die provinsie verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse skole-netbalkampioenskappe wat van 18-21 Julie in Boksburg gehou word.
Dit volg nadat dié span, wat ook die Metro-kampioene is, in Oos-Londen kragte gemeet het met ander Oos-Kaap spanne om te bepaal watter span die beste is in die provinsie. Despatch se o.16A was die uiteindelike wenners.
Die skool se o.14A netbalspan het 2de geeïndig in die Metro asook die 2de plek behaal by die Oos-Kaap kampioenskappe. Dié span gaan ook aan die SA netbalkampioenskappe in Boksburg deelneem. Hoërskool Despatch se o.15A is ook gekroon as Metro-kampioene en hulle speel op 20 Julie om te bepaal watter span na die Kay Motsepe-toernooi gaan. Dié toernooi word van 23–25 Augustus by Hoërskool Bekker in Magaliesberg aangebied.