Despatch hamergooiers blink uit!

VYF hamergooi-atlete van Hoërskool Despatch is ingesluit in die Atletiek Suid- Afrika Jeug sowel as Junior Oostelike Provinsie spanne wat in Paarl deelgeneem het.


VYF hamergooi-atlete van Hoërskool Despatch is ingesluit in die Atletiek Suid- Afrika Jeug sowel as Junior Oostelike Provinsie spanne wat in Paarl deelgeneem het.

Hulle is Danè Coetzer (o.17 hamergooi), Tianè Oelofse (o.17 hamergooi), Kaylin Kapp (o.17 hamergooi), Corma Oosthuizen (o.17 hamergooi) en Dantè Nel (o.20 hamergooi).

Hulle uitslae was as volg: Danè (3de plek), Tianè (9de), Corma (17de) en Dantè (6de).

Danè was ook een van twee Oostelike Provinsie atlete wat die Top 50 in die land gemaak het. Sy het ‘n 13de posisie verwerf en is ingesluit in die Suid-Afrikaanse atletiekspan.

Oudskolier Tammy Leonard het ook aan die kompetisie deelgeneem en ‘n 2de plek verwerf. Sy is ook ingesluit in die SA-span.

You need to be Logged In to leave a comment.