’n DUIWEBOER van Despatch, André Muller, was met sy duif “Lunchtime” die algehele wenner van die Nasionale Hokke se jaarlikse wedvlug.

Muller se blitsvinnige duif het aan hom die eer verskaf dat hy nou die eerste Despatcher is wat dié prestasie behaal het.

Die finale wedvlug was vanaf Theunissen in die Vrystaat waar die duiwe om 06:30 losgelaat is. “Lunchtime” het in baie winderige weer om 15:39 in Despatch geland. Die duif het slegs 9 ure en 9 minute geneem om die afstand af te lê!

Muller bedank graag Jos Erasmus en almal betrokke wat so mooi na die duiwe by die Nasionale Hokke omsien, sowel as Despatch Posduifklub wat elke jaar die wedvlugte aanbied. en moontlik maak.

Daar was altesaam 5 wedvlugte en 600 duiwe is ingskryf om aan die Nasionale Hokke wedvlugte deel te neem. Vanjaar se prysgeld wat losgevlieg is, was R50 000.

You need to be Logged In to leave a comment.