’n TOTAAL van 1 548 wedvlugduiwe van regoor die wêreld het vanjaar aan die 24ste Miljoen Dollar-wedvlug deelgeneem. ’n Duif van Despatch was die eerste Suid-Afrikaanse duif wat die afstand voltooi het.
Dié gesogte wedvlug wat oor ’n afstand van 600km gevlieg is, is op 1 Februarie gehou en duiwe uit 36 verskillende lande het deelge- neem.
’n Duif van Romenië was die wenner wat gesorg het dat sy eienaar nou met ’n stywe bedrag in die bank sit.
Boertjie Nell van Despatch Posduifklub, die plaaslike kampioen, het die Oos-Kaap en Suid-Afrika se naam hoog gehou toe sy duif, Handicap, in die 16de posisie klaargemaak het. Handicap was die eerste Suid-Afrikaanse inskrywing wat klaargemaak het.
R750 000 bod op wenduif
Dit was nie die eerste keer dat ’n duif van Nell by die Miljoen Dollar-wedvlug gepresteer nie.
In 1998 het een van sy duiwe die algehele derde plek behaal.
Die eerste 50 duiwe wat die Miljoen Dollar-wedvlug voltooi het word tans aanlyn verkoop. Die bod op die wenduif staan tans op ’n almintige R750 000.
- Die plaaslike duiwe-boere word herinner aan die Uitenhage Despatch Federasie se algemene jaarvergadering wat vandag, Donderdag, 13 Februarie gehou word. Ook aan die OPDU se jongduifveiling wat Saterdag, 15 Februarie plaasvind.

