Hoërskool Despatch het hierdie jaar 11 atlete in die Oostelike Provinsie atletiekspan gehad wat meegeding het by die SA Skole Atletiek-byeenkoms op Potchefstroom.
Uit die 11 atlete wat deelgeneem het, het hulle twee medaljes huistoe gebring. Dané Coetzer het goud gewen vir hamergooi o.17 dogters en Ilké van Vuuren het brons gewen vir diskusgooi o.19 dogters.
Die res van die uitslae was as volg:
o.15 Dogters: Anri Knoetze – gewigstoot 16de plek en diskus 18de plek; Reze Coetzer – hamergooi 9de, driesprong 4de; Colleen Brown – gewigstoot 10de, diskus 12de; Mignon van Vuuren – diskus 23ste; Kelly Oosthuizen – hamergooi 11de.
o.15 Seuns: Werner Britz – hamergooi 6de.
o.17 Dogters: Tiané Oelofse – hamergooi 7de; Kaylin Kapp – hamergooi 9de.
o.19 Seuns: Danté Nel – hamergooi 4de.
Die atlete Corma Oosthuizen, Kaylin Kapp, Tiané Oelofse, Dané Coetzer en Danté Nel is huidiglik in die Paarl waar hulle aan die ASA Atletiek-byeenkoms deelneem.