Dekaansmedalje aan student van Despatch

DIE afgelope twee jaar is HJ Prinsloo, wie sy grootwordjare op Despatch deurgebring het, deur die Universiteit Vrystaat se fakulteit Teologie en Religie toegeken met dekaansmedaljes.


DIE afgelope twee jaar is HJ Prinsloo, wie sy grootwordjare op Despatch deurgebring het, deur die Universiteit Vrystaat se fakulteit Teologie en Religie toegeken met dekaansmedaljes.

Dié medalje gaan aan die topstudent en hy was in 2016 die beste B-graad student van dié fakulteit en in 2017 die beste M-graad student.

Sy universiteitsloopbaan is gekenmerk deur pryse want in sy eerste jaar het hy die prys ontvang vir die beste student in Hebreeus en sy tweede jaar die beste student in Grieks, met onderskeidelik 95% vir beide tale gedurende die twee jare. Hy slaag ook beide grade BTh en MDiv Cum Laude én was in beide grade die beste student in sy jaargroep.

Maar die oud-Tier, wat in 2012 aan HTS Daniel Pienaar op Uitenhage gematrikuleer het, wou aanvanklik ’n loopbaan in elektronika volg.

“Ek was so opgewonde toe ek in graad 11 die fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit Vrystaat besoek en besef dit is my roeping,” sê Prinsloo vanuit Bloemfontein waar hy as finale jaar student sy gemeentejaar (prakties) doen.

“Gedurende my voorgraadse studies het ek ’n belangstelling ontwikkel in die interpretasie van die Nuwe Testament teks, veral die vroeë briewe van Paulus,” sê Prinsloo.

Sy studieleier was professor Francois Tolmie wie internasionaal bekend is vir sy studies van Galasiërs en Johannes.

Hy doen sy gemeentejaar by die makro Pellissier-gemeente in Bloemfontein met 6 500 lidmate waarvan ongeveer 40% 30 en jonger is.

“Aan die einde van 2018 word ek DV gelegimenteer as proponent van die NG Kerk. Ek sien uit om as leraar betrokke te wees in gemeentebediening.

“Ek is baie dankbaar en kan dit nie genoeg beklemtoon dat ek oorweldig is deur die genade van die Here nie,” sê Prinsloo.

Hy is die seun van Hannes en Leonie Prins-loo van Despatch. Hannes is die afgelope 26 jaar Radiokansel se areaverteenwoordiger in die Oos-Kaap.

You need to be Logged In to leave a comment.