Christo’s vier 50ste bestaansjaar

VOORDAT Neil Armstrong en Buzz Aldrin met Apollo 11 op die maan geland het, het Uitenhage se sanggroep Christadelphians al skare “oor die maan” gehad met hulle talent.


VOORDAT Neil Armstrong en Buzz Aldrin met Apollo 11 op die maan geland het, het Uitenhage se sanggroep Christadelphians al skare “oor die maan” gehad met hulle talent.

Die bohaai oor die maanlanding is verby, maar vir die Christo’s word daar hierdie naweek groot makietie gehou ter viering van die groep se 50ste bestaansjaar.

“Dit was nie in ons wildste drome dat ons na 50 jaar nog steeds sou optree nie. Ook nie dat ons soveel lewens sou raak en as ’n groep van inspirasie bekend sou staan nie,” sê Danny Jacobs, die engiste stigterslid van die Christadelphians wat steeds deel is van die groep.

“’n Ding kan net bestaan as daar passie is. En dit is wat dié groep vyf dekades aan die gang hou. Ook die evolusie, want tussen ons paar ouer manne was daar deurentyd talentvolle jongstemme wat by die groep aangesluit het.”

Die vyf steunpilare wat in 1969 gesorg het dat die Christo’s se gewildheid vinnig toege-neem het was Harold Malgas, Chris Ressouw, Dougie Roman, Danny Jacobs en Andrew Petrus.

Voor hulle het die groep bestaan uit Malgas, Ressouw sowel as Arthur Roman, Trevor Hoffman en Garth van Heerden.

Die groep het in sy bestaan 17 albums en 11 DVDs uitgereik. Hulle het ook die land deurkruis met hulle optredes en ’n huis-houdelike naam geword, naamlik die “Chris-tadelphians van Uitenhage”.

“Pastoor Bakker het gesê dit is deur die Christadelphians, met hulle destydse Daddy My Daddy album dat die Namakwalanders geleer het om Engels te praat.

“Ons was ook een van die eerste groepe wat destyds in die Apartheids-jare – toe dit verbied was om Nkosi Sikelel’ iAfrika te sing – dit wél te sing sonder vrees.

“Vroeër jare het ons verhoë met die Amerikaanse aktivis Jesse Jackson sowel as die legendariese stryder Allan Hendrickse gedeel. Vir ons gaan dit nou nog oor sosiale geregtig-heid, daarom sing ons steeds Nkosi met ywer” sê Jacobs.

Die Christadelphians 50-jaar vieringe word hierdie Paasnaweek gehou en begin môre-aand met ’n Gospel Goue Oues-vertoning om 18:00 in die Allanridge-gemeenskapsaal.

Saterdag om 09:00 word ’n Familie-ontbyt by die VW PeoplePavilion gehou; 0m 19:00 is die Golden Jubilee gala-aand by VW PeoplePavilion.

Sondag 14:30 word ’n spesiale diens in Dalestraat Congregational kerk gehou en om 19:00 is daar ’n gospel vertoning in die Allanridge-gemeenskapsaal.

  • Vir meer inligting of kaartjies bel Danny Jacobs by 082 496 1281.

You need to be Logged In to leave a comment.