DIE brandweerbroers van Uitenhage het niks minder nie as 11 medaljes gewen by vanjaar se Wêreld Brandweerspele wat in Suid-Korea gehou is.
Op pad terug na Suid-Afrika het Alton Senekal (44) vanaf die lughawe in Chungju laat weet dat hy en sy broer Riaan Senekal (47), “het ’n wonderlike tyd hier gehad! Ongelooflike gasvryheid beleef en ons het bo verwagtinge presteer!”
Riaan het 2 goud medaljes gewen (diskus en perdeskoen-gooi – dubbels), 2 silwer (hamergooi en gewigstoot) en 3 brons (perdeskoen-gooi – enkels, toutrek en kragoptel).
Alton het 3 goue medaljes gewen (muurbal – ope en meesters, perdeskoen-gooi dubbels saam met Riaan), as-ook ’n brons-medalje vir toutrek.
Dit was Alton se 4de en Riaan se 5de wêreld-brandweerspele waaraan hulle deelgeneem het. Die Senekal-broers is beide vir meer as twee dekades verbonde aan die KwaNo-buhle brandweerstasie waar hulle stasie-offisiere is. – HEILIE COMBRINCK