Brandwag wys sy mooistes aan

VYFTIG deelnemers het die loopplank aangedurf tydens die Hoërskool Brandwag se jaarlikse Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie.


VYFTIG deelnemers het die loopplank aangedurf tydens die Hoërskool Brandwag se jaarlikse Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie.

Gail Brown, van Sophisticate Models, het vanjaar vir die twintigste keer goedgunstiglik haar kundigheid ingespan en weereens vir asemrowende choreografie gesorg. Tayla Gouws en Schalk Erasmus was die aanbieders.

Steven Buchner en Tarien Lombard is as Mnr. en Mej. Brandwag in die senior-afdeling aangewys. Die eerste prins en prinses was Dano Swart en Bianca Swanepoel en Ben-Martin Ferreira en Jade Perie was die tweede prins en prinses.

Jonathan Scheepers en Jana Potgieter is as Mnr. en Mej. Brandwag Junior aangewys. Die junior naaswenners was Ruben Barnard en Denise Grobbelaar.

You need to be Logged In to leave a comment.