BY die Hoërskool Brandwag op Uitenhage het die 2018-matrieks ’n 100%-slaagsyfer behaal, maar dis nie al nie. Die 138 matrieks wat verlede jaar by Brandwag matriek geskryf het, is die grootste matriekklas in die Oos-Kaap met ’n 100%-slaagsyfer.
Die twee skole wat die naaste aan Brandwag kom is Collegiate Girls High in Port Elizabeth se 135 matrieks en Clarendon Girls High in Oos-Londen se 132 matrieks wat óók almal deurgekom het.
Hulle het ’n klasgemiddeld van 62% behaal en 88,1% van die matrieks het toelating tot graadstudie verwerf.
Die 5 toppresteerders het almal gemiddeldes bo 85% en elk minstens 6 onderskeidings behaal.
Die toppresteerder is Chanri Strydom met 7 onderskeidings. Verder het Kyla Minette Steyn, Ané Strydom, Luan van Loggenberg en Stefan Strydom elk 6 onderskeidings.
Die matriekklas het altesaam 138 A’s opgestapel.
Brandwag se 162 graad 11’s van 2018 het ook ’n 100%-slaagsyfer. Die res van die skool het ook besonder goed gevaar en
Brandwag se slaagsyfer vir die skool in geheel is 99%.