Brandwag eerste krieketspan klop Tiere met 57 lopies

DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Brandwag het Saterdag die bordjies van verlede jaar verhang toe hulle die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar met 57 lopies gewen het.


DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Brandwag het Saterdag die bordjies van verlede jaar verhang toe hulle die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar met 57 lopies gewen het.

Brandwag het tuis eerste gekolf en 187 vir 6 in die toegelate 50 beurte aangeteken. Die beste kolwers was kaptein Dano Swart (63) en die twee laaste kolwers wat staande gebly het, Handré Viljoen (32) en Ben-Martin Ferreira (28).

DP se beste boulers was Luqmaan Sirkhotte (2 paaltjies vir 24 lopies in 10 beurte) en Cameron Williams (2 paaltjies vir 47 in 8 beurte).

Die besoekers was almal uit vir 130 na 46 beurte. DP se beste kolwers was Luqmaan Sirkhotte (32) en Danté Darries (28) wat aan Brandwag ’n oorwinning met 57 lopies besorg het. Brandwag se beste boulers was Daniel Smith (3 paaltjies vir 15 lopies in 10 beurte), Kyle Erasmus (3 paaltjies vir 32 in 8 beurte) en Lyle Matola (2 paaltjies vir 22 in 10 beurte).

You need to be Logged In to leave a comment.