’n Graad 11-leerling van die Hoërskool Brandwag, Nerisha Greeff, gaan tydens die Junie-vakansie die verhoog in New York aandurf.
Nerisha is een van ’n groepie jong Suid-Afrikaanse kunstenaars wat gekies is om van 23 Junie tot 3 Julie aan Talent America deel te neem. Sy het vroeër vanjaar uitstekend presteer by Talent Africa waar sy in die model-, dans- en fotografie-afdelings meegeding het. Sy het ses goue medaljes, vyf silwer- en ’n bronsmedalje verower en het ’n spesiale toekenning vir “The Most Promising Senior and Model” verwerf.
Dié prestasies het vir haar die pad oopgemaak om in Amerika te gaan deelneem. In New York gaan sy in die dans- en model-afdelings meeding. Sy is ’n student by die Leanka Laubscher School of Dance.