TWEE OP-skuts van die Kwagga Boogskietklub op Uitenhage het uitstekend gevaar by die onlangse Suid-Afrikaanse Boogskiet-kampioenskappe wat in Rustenburg gehou is.
’n Totaal van 685 skuts van regoor Suid-Afrika het deelge-neem.
Janeke Grassman, ‘n graad 8 leerder van HTS Daniel Pienaar, het in haar ouderdoms-kategorie ’n goue medalje in die 2D gewen. Sy het ook ’n brons-medalje gewen in die 3D algemene afdeling vir hoërskoolmeisies.
Janeke behaal haar beste telling in 2D boogskiet naamlik 286 uit 300.
Celesté Crouse, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Brandwag het in haar ouderdoms-kategorie ’n goue medalje in 2D boogskiet gewen.
Sy behaal ook haar beste telling van 287 uit 300 in 2D.
Celesté se telling van 287/300 ewenaar die huidige OP-rekord en dit was die hoogste telling deur ‘n meisie by die SA’s behaal.
Celesté word aangewys as ’n SA boogskiet-kampioen.