DIE Boeremusiekgilde se laaste dans van die jaar word Saterdag, 1 Desember in die Despatch Stadsaal gehou.
Dansers is welkom om hulle eie piekniekmandjies en verversings saam te bring. Die dans begin om 19:30 en verskeie orkeste gaan sorg dat die dansbaan vol bly. Vir meer inligting bel Gerrie 083 653 0750 of Marinda 083 320 3123.