Bloedskenkers vereer vir die gee van ‘’n stukkie van hulself’

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het hulle jaarlikse bloedskenk-toekenningsaand vir skenkers uit die Uitenhage, Despatch en Kirkwood areas by Barklystraat Teater op Uitenhage aangebied.


Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het hulle jaarlikse bloedskenk-toekenningsaand vir skenkers uit die Uitenhage, Despatch en Kirkwood areas by Barklystraat Teater op Uitenhage aangebied.

Die tema was “Gee ’n stukkie van jouself” en Zikhona Ruiters van die bloeddiens het skenkers bedank vir hulle getroue bloedskenkings.

“Wat min bloedskenkers besef is dat vir elke eenheid bloed wat hulle skenk, spaar hulle drie lewens! So, dit is nie net bloed nie, dit is ’n stukkie van jouself wat help om ’n ma of pa of ’n kind se lewe te spaar.

“Daarom sê ons dankie, namens al die families wat ’n eenheid is omdat ’n familielid bloed kon kry wat deur ’n bloedskenker geskenk is,” het Ruiters gesê.

Twee bloedskenkers van die Uitenhage Bloedskenk-kliniek, Gert de Beer en Henry van Huyssteen, het elk 250 eenhede bloed in hul leeftyd geskenk. Dit beteken dat hul elk sowat 750 lewens “gered” het en saam het die manne ’n totaal van 1 500 lewens “gered”.

You need to be Logged In to leave a comment.