Besteltyd vir kraakvars vakansie-koekies

TUISGEBAKTE koekies bly ’n gewilde lekkerny vir vakansietyd en is selfs lekker geskenke vir Kerstyd.


TUISGEBAKTE koekies bly ’n gewilde lekkerny vir vakansietyd en is selfs lekker geskenke vir Kerstyd.

Die kombuis van Drostdy Werkplek word tans voorberei vir die groot gebak wat wag om te voorsien in die vraag na hulle klein-koekies vir die komende Kersvakansie.

Danksy die publiek se ondersteuning is meer as drie ton kleinkoekies verlede jaar vir die feestyd gebak.

Drostdy Werkplek se kombuis word bedryf om ’n inkomste vir die werkplek te genereer deur die bak van brode en koekies. Dié koekie-bakkery is hulle grootste fondsinsameling van die jaar en hulle is daarvan afhanklik om hul deure oop te hou.

Drostdy Werkplek is ’n nie-winsgewende organisasie en bied aan 75 verstandelik ge-stremdes ’n heenkome waar hulle op ’n daag-likse basis konstruktief besig gehou word. Hulle doen breiwerk, naaldwerk sowel as houtwerk.

Soorte koekies en verpakking

Daar is 8 verskillende soorte kleinkoekies en dit word aangebied teen R60 per kilogram. Verpakking is in 1kg of 2kg houers. Daar is ook ’n opsie om gemengde koekies in dié verpakkings te bestel.

Die soorte koekies is: outydse soetkoekies, gemmerkoekies, vlakoekies, koffiekoekies, klapperkoekies, Promises (konfyt-vulsel), krakertjies en Romany Creams.

Bestelvorms vir die kleinkoekies is reeds in omloop en bestellings sluit op Vrydag, 2 November.

  • Vir bestellings van koekies bel Drostdy Werkplek weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by 041 992 4195. – HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.