ng despatch suid
Die NG Kerk Despatch-Suid hou weer ‘n uitstalling, dié keer oor die lewe van Jesus, volgens die vier evangelies. FOTO: FACEBOOK

Die NG Gemeente Despatch-Suid hou reeds weer ‘n uitstalling en nooi die publiek om te kom kyk.

Vanjaar se uitstalling handel oor die lewe van Jesus soos beskryf in die vier Evangelies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes).

Uitstallings met Bybeltemas word al die afgelope vier jaar in die kerksaal van NG Gemeente Despatch-Suid aangebied. Dit beloof om weereens kindervriendelik en interaktief te wees.

Besoekers sluit in leerders van die drie laerskole op Despatch saam met onderwysers, asook ander skole, volwasse groepe en individue.

Jesus se lewe volgens die vier evangelies bring vanjaar 21 stasies wat verskillende aspekte van Jesus se woorde, dade en lewe in die algemeen uitbeeld.

Die uitstalling is reeds oop vanaf Maandag 11 Augustus en sal weeksdae oop wees vir besoekers tussen 09:00 en 13:00 tot 22 Augustus by die kerk op die hoek van Kerk- en Kromstraat op Despatch.

Naweek besoeke tussen 09:00 en 12:00 op Saterdae en 10:00 en 12:00 op Sondae is slegs met afspraak beskikbaar. Stuur ‘n WhatsApp aan Catrien by 082 702 8345 of Ds. Arrie by 072 899 6524.

Toegang is gratis. Almal is welkom. Kinders moet deur ouers of onderwysers vergesel word.

You need to be Logged In to leave a comment.