Vervolg vanaf bl1
“Onder ’n DA-regering gaan ons nooit grondbesetting ondersteun nie. Die ANC wil die stad afbreek en in ’n krot verander.”
Mfunda sê net omdat die metro dienste gaan verskaf, beteken dit nie dié mense gaan outomaties voor in die ry wees om huise te ontvang nie.
“Ons gaan ’n deeglike proses volg om te kyk wie volgens die wettige vereistes vir huise kwalifiseer.”
Oorsig
Stootskrapers gryp grond by Despatch
In November verlede jaar het ’n groep grondgrypers naby Despatch vir hulle erwe uitgemerk wat so groot is soos dié in die spogbuurt Somerstrand in Port Elizabeth.
Die mense het stootskrapers gehuur en die beboste gebied tussen die R75 en R367 naby Despatch ingevaar om bome te ontwortel en die gebied skoon te maak.
Terwyl die stootskrapers onverhinderd voortgegaan het, het Andile Mfunda, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings van die Nelson Mandelabaai-metroraad, gesê hy weet van geen munisipale behuisingsprojek in dié gebied nie.
Sonwabo Faku, ’n inwoner van New Brighton wat homself as ’n gemeenskapsleier voorstel, het erken die inwoners vat die stuk grond sonder enige amptelike toestemming.
“Ons steel nie die grond nie, ons vat dit,” het Faku gesê.
Metro breek strukture buite Despatch af
Na meer as ’n week van onwettige ontbossing en informele huise wat naby Despatch in die Oos-Kaap opgerig is, het die Nelson Mandelabaai-metro opgetree.
’n Klein groep amptenare het met vragmotors en stootskrapers inbeweeg om strukture af te breek en grondbesetters te verjaag.
Margaret Befile, ’n gemeenskapsleier en een van die dryfkragte agter die grondgrype, het egter gesê: “Die polisie en die metropolisie het
hier opgedaag en almal se huise afgebreek, sonder ’n hofbevel.”
“Ons gaan herbou. Ons gaan die polisie besig hou tot Desember toe. Totdat ek iets op skrif sien, sal ek voortgaan.”
‘Desperate’ besetters herbou huise
Enkele dae nadat die Nelson Mandelabaai-metro sowat 300 onvoltooide woonstrukture naby Despatch afgebreek het, het ’n groep mense weer begin strukture oprig.
Die man aanvaar ook dat die munisipaliteit sy mandaat uitgevoer het deur die strukture af te breek, maar hou vol hy sal sy huis “nog 100 keer (her)bou”.
“Die geld is betaal. Ek moet my huis herbou; ek het ’n vrou en twee kinders. Ons deel ’n viervertrekhuis met nóg ’n gesin in Veeplaas. Vir die munisipaliteit is ek nie bang nie; ek soek net ’n plek om te oorleef.”