Bergsig Skool vier 65ste bestaansjaar

Die Bergsig Skool het vanjaar sy 65ste bestaansjaar met groot feesvieringe gevier.

Van links is Deon Wolmarans, Nico Ollewagen, Gerda Claassen en Rudi Jonker.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Die Bergsig Skool het vanjaar sy 65ste bestaansjaar met groot feesvieringe gevier.

Bergsig het sy oorsprong in 1958 by die ou Queen Mary Hospitaal in die Kanonkop Wyksarea gehad en het vanaf 1973 verskuif na die nuwe geboue waar die skool tans in Ross Gradwellstraat, Kariega is.

Die skool het begin met vier tegniese vakke, en spog vandag met dertien tegniese vakke waarin leerders opgelei word in spesifieke beroepsgeoriënteerde leerareas.

Die naam van die skool, Bergsig, is deur die eerste skoolhoof, Mnr. J.A.J. Bester gegee, vanweë die Hanekamberge wat Kariega is omring, en wat aan al die inwoners van die dorp ’n merkwaardige uitsig bied.

Bergsig het in die 65 jaar merkwaardig gegroei en verbeter onder leiding van die vorige vier skoolhoofde:

  • J.A.J. Bester: 1958 – 1975
  • M.L. Swart: 1976 – 1984
  • J.N. Ollewagen: 1985 – 2001
  • D. Wolmarans: 2002 – 2020

Besonderse prestasies

Die skoolgemeenskap van die Bergsig Skool het die skool se 65ste bestaansjaar gevul met besonderse prestasies op die sportveld, in die klaskamer en op kulturele vlak.

Hulle het die jaar afgeskop met ’n baie suksesvolle sportfees waar nagenoeg 30 skole mededingend kompeteer het vanaf o.13 regdeur tot o.19 vlak in rugby en netbal.

Die gewilde Bergsig Braai Ope by die Uitenhage Gholf Klub het plaasgevind waar 160 spelers vir die dag deelgeneem het. Bergsig het sy stempel afgedruk met hierdie unieke braai tema en dié gholfdag skuur skouers met van die grootstes in die dorp.

Daar was ook ’n reünie gereël vir die oudleerders waar hulle heerlik vir ’n naweek kom kuier en ou vriendskappe weer hernu het.

– UITGEREIK DEUR BERGSIG SKOOL

You need to be Logged In to leave a comment.