Die Spesiale Skool Bergsig gaan hul tweede Inland vs Coastal fees op 1 en 2 Maart aanbied.
Altesaam 35 skole gaan deelneem aan aksie-belaaide rugby- en netbalwedstryde.
Ouderdomsgroepe wissel vanaf die laerskole se o.13 spanne tot met die hoërskole se o.19 spanne.
Die wedstryde begin reeds op Vrydagoggend en die laaste wedstryd begin om 19:00 wanneer Bergsig teen Burgersdorp se eerste span kragte sal meet.
Saterdag se hoofwedstryd begin om 17:00, waar Bergsig teen die Hoërskool Pearson sal meeding.
Daar sal ook ’n biertent, vermaak en uistallings wees, en die toegangsfooi is R10 per persoon (gratis vir kinders onder 5 jaar), en R20 per voertuig.
Verskeie stalletjies sal deur die loop van die naweek ten toon gestel word. Daar is slegs plek vir 50 stalletjies, 30 sonder elektrisiteit en 20 met elektrisiteit.
Die koste van ’n staanplek vir die hele naweek is as volg: R400 (sonder elektrisiteit) en R500 (met elektrisiteit).
Stalletjiehouers wat belangstel kan die skool gerus op die volgende nommers kontak: 041 966 1131 (skool), Marco Griesel by 083 396 1288 en Jeandre Esterhuizen by 079 677 3304.