NET 3 letters, ‘n blerts rooi hier en daar … en die res is propvol opwin-ding!
Wat is dit? ‘n GTi – om meer spesi- fiek te wees, Volkswagen se nuwe blitsbuks met die beneukte vooraansig, die Polo GTi.
Om die lang pad – van so raps oor die 1 000 km – tussen die VW Polo GTi se “geboortedorp” Uitenhage en my geboortedorp Koppies in die Vry-staat, aan te pak vir ‘n familie-plaaskuier, vra uithou, aanhou en kophou.
Dit is ‘n lang pad, maar hierdie Polo GTi is beslis ‘n ryding wat die pad na jou hartsmense kort maak.
“Lus vir teer”
Daar is geen huiwering onder die Polo GTi se enjinkap met sy 147kW perde en 320Nm wringkrag nie.
Selfs nie eers as jy die ry-opsie “Eco” kies nie. Boeta, tik die “Sport” opsie, dan transformeer die turbo-aangejaagde 2.0 liter. Jy hoor die diep grom, voel hoe die suspensie regmaak vir traksiebeheer en hoe die 6-spoed outomatiese DSG-ratkas laat weet: “Bring it on … ek’s lus vir die teer”.
Spesifikasies wys dat dié Polo GTi binne 6.7 sekondes sy spoednaald tot by 100km/h druk. Boonop kan dié naald nog verder oorkantel vir ’n topspoed van 237km/h.
Die binneruim is gesofistikeerd windgat en is ruimer as sy voorganger met meer kopspasie.
Tipiese GTi rooi pronkers
Die tipiese GTi rooi pronk strategies op die bakwerk, stuurwiel, rathefboom, LED kopligte, vloermatjies en remkalipers binne die 17 duim allooiwiele.
Waarvan ek baie hou, is die waag-halsige strook rooi dwars oor die paneelbord … net genoeg.
Rooi stiksels is ook op die swart bekleedsels. Die GTi waarmee ek gery het se binnedak is swart en dit skep ’n intieme gevoel binne die kajuit.
Toe ons die Oranjerivier oorsteek op pad na die noorde, aktiveer ek die spoedkontrole, want in die Vrystaat word jy gevang én tjoekie toe gestuur as jy met 40km/h of meer die spoedperk oorskry.
So nou en dan was voet-in-die-hoek nodig om verby padkruipers te kom en dit was heerlik om dan met oorgenoeg krag, sommer ‘n konvooi voertuie verby te steek.
Op daardie lang reguit eentonige pad bied die hoë definisie multi- media-stelsel met sy raakskerm – wat óók spesiaal ‘n GTi-rooi tema het – intelligente padvermaak. Daarop kan jy jou bestuursprofiel bestudeer, navigasie en motorwerkverrigting dophou, en selfs jou musiekorde en inligting rangeer.
Daar is ook voor-in-die-koor laaiplekke vir selfone, katoeters en allerlei USB-goeters. Ander praktiese luukshede is die parkeergonsers en kantspieëls se blinkdekolseine wat op die multimediastelselskerm wys as daar iets of iemand te naby aan die kar is.
Rygemak by uitstek
Die rygemak van dié GTi is uitste-kend. ’n Bestuursensor tel egter die menslikheidsfaktor op wanneer jou manier van bestuur besig is om te verander. Dan beveel dit jou heel ordentlik aan dat dit tyd is vir ‘n ruskans. Dit is soos ’n ekstra stukkie gewete waarna jy luister.
Hoe nader aan die plaas, hoe vinniger wil ‘n mens daar kom.
Maar o wee, daar is ‘n paar kilo-meter grondpad wat erg uitgetrap is deur swaarvoertuie met vragte graan.
Dan is dit kalm bly en rustig vat … kyk maar na die presisie van die rye gewasse op die land, wat deesdae met behulp van satelliet-koördinate geplant word.
Tussendeur hou ek ’n wakende oog vir die tarentale – want daardie spikkellywe met die blou nekke en stukkies GTi-rooi op die koppe – hol vinnig voor ‘n kar in.
Uiteindelik draai die Polo se beneukte GTi-neus in tussen die lang laning bome op pad na die familie-plaashuis.
Soos die bome teen die hoeke van my oë verbygly, kom al wat ‘n goeie herinnering in my gedagtes op en ek weet … hier kom ‘n lekker kuier na ’n gerieflike langpadrit in dié Polo GTi.
- Die Polo GTi se brandstofverbruik oor die 2 272 retoer-roete was 7.3liter/100 – en daar was geen boete-kaartjies nie …
Die VW Polo GTi kom uit met ’n 3 jaar/120 000km waarborg, 3 jaar/ 45 000km diensplan en 12 jaar anti-roes waarborg.
Dienstussenvalle is 15 000km.