Bekende akteur kom speel gholf

Akteur David Louw, bekend vir sy rolle in Getroud met Rugby, Villa Rosa en Wolwedans in die Skemer gaan Saterdag ’n draai maak by die Uitenhage Gholfklub.


Akteur David Louw, bekend vir sy rolle in Getroud met Rugby, Villa Rosa en Wolwedans in die Skemer gaan Saterdag ’n draai maak by die Uitenhage Gholfklub.

Hy is ’n gas by Luister!FM se jaarlikse gholfdag wat op Uitenhage aangebied word en die publiek is welkom om te gaan inloer by die gholfklub om David Louw te ontmoet.

Vierbal inskrywings is nog oop teen R1 000 per vierbal en besighede kan putjies of setperke borg teen R900 elk.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan Jaco de Villiers by jaco@luisterfm.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.