ATLETE van die Karel Gerber Akademie op Despatch het vanjaar uitstekend gevaar op nasionale vlak.
By die SA kampioenskappe vir laerskole het Anria Vosloo ’n 7de plek behaal in die finaal van 75m hekkies en sy was 6de in die 150m hekkies finaal vir dogters van 12 jaar. Anrich Knoetze was 4de in die 75m hekkies uitdunne vir seuns van 12 jaar.
By die SA jeug-byeenkoms vir o.17 atlete het Dané Coetzer ’n silwer medalje gewen in hamergooi en Nikki Kelsey was 5de in die 100m hekkies uitdunne.
By die SA hoërskole byeenkoms vir sub jeug (o.15) het Reze Coetzer goud gewen vir hamergooi. Wernich van Rensburg het ’n silwer medalje gewen in 400m en het ’n 4de plek behaal in 300m hekkies. Jamie Strauss was 6de in die driesprog finaal en Morné van der Berg 7de in die 800m finaal.
By die SA Meesters vir atlete van 30+ jaar het Rochelle van der Merwe goud gewen in beide ver- en drie-sprong. – VERSLAGGEWER