AGT studente is vanjaar gehelp met Helpende Hand-studielenings ter waarde van R168 000 vanuit gemeenskap studiefondse van Despatch, Uitenhage, Port Elizabeth en Jeffreysbaai.
Dit is deel van Solidariteit Helpende Hand se veldtog om armoede met finansiële kundigheid te verbreek.
Hannes Noëth, besturende direkteur van Helpende Hand, het gesê, “Die rentevrye studielenings wat jaarliks verskaf word aan behoeftige studente wat nie finansieel daartoe in staat is nie, beloop tans R38 miljoen en dra by tot die voorkoming van armoede.”
Volgens die Oos Kaap streekorganiseerder, Marlene Basson, sluit die 8 studente uit die streek wat vanjaar studielenings ontvang het nie studente in wat deur ander nasionale Helpende Hand studiefondse gehelp is nie.
- Vir meer inligting oor studiebeurse bel Marlene Basson, Helpende Hand Oos-Kaap streekorganiseerder by 041 364 3219.