Aandrokke vertoon om kind wat verbrand het te help

’n MODEVERTONING waar ’n groep van 20 plaaslike vroue in trou- en aandrokke op die loopplank gaan paradeer word Saterdag op Despatch gehou.


’n MODEVERTONING waar ’n groep van 20 plaaslike vroue in trou- en aandrokke op die loopplank gaan paradeer word Saterdag op Despatch gehou.

“Dit is ten bate van ’n 18-maande oue dogtertjie wat mediese behandeling ontvang nadat sy met kookolie verbrand het,” sê Zelma Gouws, organiseerder van die modevertoning.

Jadine Croucamp het verlede jaar in Julie met kookolie verbrand en het reeds twee veloorplantings ontvang.

Haar ouma, Debbie Bester sê, “sy het mooi genees, maar moet nou terapie ontvang want haar een armpie bly in die lig. Sy moet ook ’n spesiale room gebruik om die vel elasties te hou anders kan sy van binne begin bloei.”

“Dié room is R380 vir 50ml en dit is baie belangrik dat haar lyfie daarmee inge-smeer word. Soos wat sy groei rek die vel en die room hou dit elasties.”

Die trou- en aandrokke word deur Edna Tessendorf van All in One op Despatch verskaf. As deel van die geselligheid sal daar ’n orkes optree en verskeie stalletjies wees waar items te koop aangebied word.

Stalletjiehouers wat deel wil wees van die aand is welkom, staanplek is gratis, maar bevestig bywoning deur Zelma Gouws te bel by 083 570 0157.

Gelukkige trekkings gaan gehou word en goeie pryse is op die spel wat geborg is deur Spur, PostNet Uitenhage, Laser Ideas, Tomsett Optometry, Big Vics restaurant, Nails by Monique en CB Automotive.

Die modevertoning word Saterdag, 24 November vanaf 18:30 tot laat in die Despatch Stadsaal gehou. Kaartjies is R30 per persoon en gaste kan hulle eie verversings en drinkgoed (ook glase) saambring.

  • Vir meer inligting of om kaartjies te bekom bel Edna by 079 753 5777.

You need to be Logged In to leave a comment.