Op Saterdag, 16 Maart gaan die Helpende Hand Uitenhage-tak ’n konsert hê met die talentvolle sanger, Mathys Roets, wat inspirasie bring deur sy buitengewone musikale gawes, ondanks sy fisieke gestremdheid.
Hierdie spesiale geleentheid het ’n doelwit om fondse in te samel ten bate van die tak se Gemeenskap Studiefonds wat rentevrye studielenings aan voornemende behoeftige studente sal toeken.
Helpende Hand is toegewyd tot die bevordering van opvoeding en die oorbrugging van hindernisse vir diegene wat finansiële steun benodig om hul studies voort te sit.
Die konsert beloof ’n aangrypende aand van musiek en hoop te wees, en die gemeenskap word hartlik uitgenooi om te ondersteun.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets, Daniels Service Station (Kariega), en die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar.
Kaartjieverkope en alle opbrengste gaan direk na die ondersteuning van behoeftige studente.
Ons waardeer die ondersteuning van die gemeenskap en sien daarna uit om saam met julle ’n verskil te maak in die lewens van opkomende geleerdes.
Die konsert gaan by die Hoër Tegniese Skool Daniël Pienaar plaasvind op 16 Maart om 18:00 vir 18:30.
Kaartjiepryse is R180 per persoon as jy voor die konsert koop en R200 per persoon kaartjies by die deur gekoop.
Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.Vir meer inligting kontak takvoorsitter, Marius Rossouw by 076 153 0295, of Helpende Hand Streeksorganiseerder, Marlene Basson by 083 501 3166 of marlene@helpendehand.co.za vir meer inligting.
– UITGEREIK DEUR SOLIDARITEIT HELPENDE HAND