Viertrek-avontuurlustiges word genooi om ’n Punt-tot-Punt 4×4 uitdaging in die Elandsriviervallei op die plaas The Meadows mee te maak.
“Dit is nie net wringkrag en kilowatt wat getoets gaan word nie, maar ook bestuursvernuf. So, dit gaan ’n interessante dag wees,” sê Donovan Whitehead, eienaar van die plaas The Meadows.
Die uitdaging is ’n uitstappie vir families en vriende en daar is kampeerplek sowel as ’n gastehuis vir diegene wat langer in die vallei wil agterbly. Ontbyt sowel as ’n braai word aangebied op die plaas en daar is ’n kontantkroeg.
Die Punt-tot-Punt 4×4 uitdaging word op Saterdag, 5 Mei gehou en die plaas is sowat 30km in die Elands- riviervallei vanaf die vulstasie by Rocklands.
Tiger Wheel & Tyre Moffett on Main is betrokke by die dag se 4×4 uitdagings en daar is goeie pryse wat gewen kan word.
Die uitdagings is geskik vir gewone 4×4 voertuie, maar vereis uitdagende bestuursvernuf. Gemodifi-seerde klim-en-klouter-voertuie is ook welkom.
Inskrywings om deel te neem aan die uitdaging is R350 per voertuig en R50 per passasier. Insrywings sluit 30 April.
- Vir meer inligting of om in te skryf bel Donovan Whitehead 082 458 9699 of Sunelle Whitehead 082 458 9580 of e-pos TheMeadows4x4@gmail.com