40 Despatch Atletiekklub-lede voltooi Two Oceans

VEERTIG atlete van Despatch Atletiekklub het verlede Saterdag aan die 50ste Two Oceans marathon (21km & 56km) in Kaapstad deelgeneem.


VEERTIG atlete van Despatch Atletiekklub het verlede Saterdag aan die 50ste Two Oceans marathon (21km & 56km) in Kaapstad deelgeneem.

’n Totaal van 24 atlete het die 56km voltooi en 16 atlete het die 21km kafgedraf.

Daarby het twee atlete, Ronnie en Yvette Jonker, hulle 10de Two Oceans (56km) agter die rug. Reinet Steyn het haar 10de Two Oceans (21km) voltooi.

Helgard Potgieter, voorsitter van die Despatch Atletiekklub sê, “Negentien van ons atlete is besig met hulle voorbereiding vir vanjaar se opdraende Comrades Marathon wat op Sondag, 9 Junie gehou word vanaf Durban na Pietermaritzburg (86.83km).”

Bingo-aand:

Comrades fondsinsameling

Om fondse in te samel vir vervoer- en verblyfkostes na die Comrades, word ’n bingo-aand deur die Despatch Atletiekklub aangebied op Saterdag, 4 Mei om 18:00 in Laerskool Susannah Fourie se skoolsaal.

Kaartjies is R50 vir 10 rondtes en daar is goeie pryse en gelukkige trekkings wat gewen kan word. Een van die pryse is ’n R1 000 koopbewys by Despatch SuperSpar.

Almal is welkom. Daar sal verversings te koop wees en deelnemers kan hulle eie drinkgoed saambring.

  • Vir meer inligting of kaartjies bel Yvette by 073 507 9042 of Anize 082 844 0281.

-HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.