12 Dae oor vir 12 Kerswense

DAAR is twaalf dae oor tot Kersfees en Solidariteit Helpende Hand se Oos Kaap-streek wil 12 mense se Kerswense bewaarheid.


DAAR is twaalf dae oor tot Kersfees en Solidariteit Helpende Hand se Oos Kaap-streek wil 12 mense se Kerswense bewaarheid.

Tot en met 19 Desember kan mense iemand nomineer om hul Kersfeeswens waar te maak.

Daar word weekliks, sedert 12 November, ’n wens gekies om ter waarde van R1 000 te laat waar word.

“Dalk ken jy ’n bejaarde wat baie graag vir sy of haar familie wil gaan kuier. Dalk weet jy van ’n kind wat graag ’n fiets wil hê, maar die familie kan dit nie bekostig nie, of ’n tehuis wat komberse vir hul inwoners wil gee,” sê Marlene Basson, streeksorganiseerder van die Oos Kaap-streek.

Wat ook al die behoefte is, jy kan daardie persoon of instansie nomineer om hul Kerswens tot en met die waarde van R1000 te bewaarheid!

“Ons het heel jaar mense gehelp wat in nood verkeer. Nou kry ons die kans om mense se drome waar te maak.”

Nomineer iemand wat jy voel ‘n Kerswens verdien, maar dit nie kan bekostig nie. Persone wat vir die Kerswens genomineer word moet in die Oos Kaap woon.

  • Slegs versoeke wat per epos ge-stuur word aan marlene@helpendehand.co.za sal oorweeg word.

You need to be Logged In to leave a comment.